Modulekode | SLK 755 |
Kwalifikasie | Nagraads |
Fakulteit | Fakulteit Geesteswetenskappe |
Module-inhoud | *Geslote - slegs vir BSocSciHons (Sielkunde). Vereis departementele keuring. *Hierdie module word slegs in Engels aangebied. Hierdie is ‘n teoretiese module wat handel oor die proses verbonde aan psigometriese evaluering van menslike gedrag binne verskeie kontekste. Dit sluit nie professionele opleiding in om ‘n psigometris te word nie. Die module handel oor onderwerpe soos die multidimensionele aard, oogmerk, en eienskappe van assessering; kritiese kwessies in sielkundige evaluering binne die Suid-Afrikaanse konteks; die redes vir wetlike beheer en etiek van sielkundige evaluering; die geskikte gebruik van verskeie tipes psigometriese en assesseringsmetodes en instrumente; asook die proses van integrasie van evalueringsresultate en verslagskrywing. |
Modulekrediete | 15.00 |
Programme | |
Kontaktyd | 1 lesing per week |
Onderrigtaal | Module word in Engels aangebied |
Departement | Sielkunde |
Aanbiedingstydperk | Semester 1 of Semester 2 |
Copyright © University of Pretoria 2024. All rights reserved.
Get Social With Us
Download the UP Mobile App